Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mogale City moet R1,7 miljoen vir biblioteke terugbetaal aan provinsiale tesourie

Die Gautengse provinsiale tesourie het die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) opdrag gegee om ’n bedrag van R1,7 miljoen terug te betaal wat oorspronklik vir die opknapping van biblioteke geoormerk was.

Die munisipaliteit het nagelaat om die fondse gedurende die 2024/25-finansiële jaar te gebruik.

Die VF Plus, wat deel vorm van die oorsigkomitee oor sport, kuns, kultuur en ontspanning, het sterk standpunt ingeneem teen die finansiële- en verkrygingsdepartemente wat versuim het om die nodige dokumentasie te voorsien sodat onderhoudswerk aan biblioteke kon plaasvind.

Mogale City beskik oor 21 biblioteke waarvan sewe mobiele biblioteke is. Drie van die biblioteke in Kagiso en Joe Slovo is gesluit. Verskeie van hierdie geriewe sukkel met lekkende dakke en sommige het nie elektrisiteit of water nie.

Die terugbetaling van R1 775 563.14 is ’n duidelike bewys van swak beplanning en die nienakoming van tesourievereistes.

Biblioteke dien as kritieke studeerkamers vir inwoners, veral studente wat nie tuis toegang tot die internet het nie.

Dit is onaanvaarbaar dat hierdie dienste in gevaar gestel word weens administratiewe nalatigheid terwyl die nodige fondse wel beskikbaar was.

Openbare geld mag nie vermors word deur swak beplanning en wanadministrasie nie. Aanspreeklikheid en gevolgbestuur is noodsaaklik.

Die VF Plus dring daarop aan dat die betrokke departemente voortaan maandelikse verslae aan die oorsigkomitee voorlê oor besteding en die nakoming van verkrygingsprosesse.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.