Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mogale City-burgemeester se benoude spronge los nie waterprobleme op

Die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg en Muldersdrift), Lucky Godfrey Sele, se herskommeling van sy burgemeesterskomitee te midde van ʼn waterkrisis, gaan nie die probleem oplos nie.

Groot dele van Mogale is sedert die naweek sonder water nadat vlakke in die dorp se reservoirs gevaarlik laag gedaal het, met net sommige gebiede se watertoevoer wat herstel is.

Die munisipaliteit het ook in gebreke gebly om voldoende watertenkwaens beskikbaar te stel om in inwoners se behoeftes te voorsien.

In stede daarvan om die werklike uitdagings die hoof te bied en met ‘n daadwerklike oplossing vorendag te kom, het Sele die burgemeesterskomiteelid gelas met infrastruktuurontwikkelingsdienste, Peter Modise, na ‘n ander portefeulje verskuif en hom vervang met Merriam Mogoje.

Mogoje was verlede jaar in die nuus nadat sy inwoners van informele nedersettings in die Hekpoort- en Hartebeesfontein-landelike gemeenskap in Gauteng aangemoedig het om eiendom in die omgewing wat aan Mogale City behoort, te beset.

Sy was destyds die burgemeesterskomitee gelas met menslike nedersettings en het wit grondeienaars daarvan beskuldig dat hulle swartmense van hul grond verdryf.

Die VF Plus wil dit onomwonde stel dat die waterverskaffingsprobleme in Mogale slegs onder leiding van ‘n bekwame burgemeesterskomiteelid opgelos kan word, en nie deur ‘n leier wat rasgedrewe retoriek najaag nie.

Die VF Plus sal Mogoje se werksaamhede noukeurig dophou en haar tot orde roep as die waterkrisis nie dringend bygelê word nie.

Inwoners verdien toegang tot skoon drinkwater en sal op 4 November 2026 vir die VF Plus kan stem om deel te vorm van ‘n regering wat streef om basiese dienste te lewer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.