Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Modderfonteinpad in Kemptonpark se slaggate word reggemaak

Slaggate in die Modderfonteinpad is herstel nadat die VF Plus in Kemptonpark ‘n uitnodiging aan inwoners gerig het om slaggate aan te meld.

Die VF Plus, as deel van die koalisieregering in Ekurhuleni, het inwoners ook versoek om aanbevelings te maak oor waar hulle dink spoedhobbels is nodig om verkeer te beheer.

Die versoek is met entoesiasme begroet en etlike spoedhobbels is op versoek van inwoners aangebring.

Inwoners het lank oor die toestand van Modderfonteinpad en ander paaie in die omgewing gekla.

Hierdie is deel van die Ekurhuleni-metro se belofte aan inwoners om dienslewering te verbeter.

Inwoners is steeds welkom om slaggate by die VF Plus-raadslid wat in Kemptonpark ontplooi is aan te meld deur ‘n epos te stuur aan jean.kriek@ekurhuleni.gov.za.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.