fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel onwettige aanstelling van nuwe munisipale bestuurder vir Mogalakwena

Die VF Plus veroordeel die onwettige aanstelling van Morris Maluleke, wat die leisels oorneem by die waarnemende munisipale bestuurder, Hendrik Ngoepe, van die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Potgietersrus).

Verdeeldheid onder die ANC het hierdie aanstelling tydens ’n spesiale raadsvergadering op 8 Augustus moontlik gemaak.

Dié munisipaliteit gaan vir etlike jare gebuk onder faksiegevegte, wanadministrasie en korrupsie.

Die speaker, Phaledi Olifant, het 20 minute voor die spesiale raadsvergadering eers probeer om die vergadering uit te stel deur teksboodskappe na alle raadslede te stuur.

Hierna het die burgemeester, Thulane Ngoako Taueatstoala, buite die reëls opgetree en daarop aangedring dat die vergadering wel moet voortgaan in haar afwesigheid.

’n Raadslid is as waarnemende speaker aangewys vir die vergadering en Maluleke se aanstelling is beklink.

Die VF Plus ondersteun nie onwettige prosedures nie en sal slegs ag slaan op wat die munisipaliteit se staande reëls en prosedures bepaal.

Maluleke se aanstelling is onaanvaarbaar. Potgietersrus verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.