fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrouedag: ANC Kaap Mpumalanga se vroueparlement en verkwalik kolonialisme vir gesinsgeweld

Mpumalanga se vroueparlement moet alle vroue se rol en geskiedenis respekteer, nie net dié van die ANC nie.

Dit is egter duidelik dat die ANC se vroue Vrouedag beskou as ‘n dag waarop slegs hulde gebring word aan die ANC se vroue en húl stryd en as 'n verskoning om die rassekaart teenoor ander te speel.

Die speaker van Mpumalanga se provinsiale wetgewer, me. Makhosozane Masilela, het selfs so ver gegaan as om die skuld vir gesinsgeweld op “wit kolonialisme” te plaas.

Dit is niks anders nie as 'n weerligafleier om die ANC se eie mislukkings te probeer verbloem.

Maatskaplike probleme in die land moet gelykmatig aangespreek word om alle vroue se lewensomstandighede te verbeter.

Masilela se uitlatings oor gesinsgeweld is onaanvaarbaar en bewys dat die regering nie sy verantwoordelikheid oor misdaad en maatskaplike probleme in die land kan of wil aanvaar nie.

Sy moet eers voor haar eie deur vee waar die provinsiale departement van maatskaplike werke sedert 2015 onderbestee aan al vier subprogramme van die herstellende diensteprogram vir veilige hawens vir vroue en kinders.

Slegs 8% van diegene in Mpumalanga wat weens misdaad teen vroue in die vorige finansiële boekjaar in hegtenis geneem is, is skuldig bevind. Uit die 9 159 sake wat aangemeld is, is slegs 957 persone skuldig bevind.

Slegs sestien persone is skuldig bevind aan misdaad teenoor kinders terwyl daar 2 603 sake aangemeld is.

Die land se strafregstelsel moet verbeter om daadwerklik teen geslagsgeweld op te tree. Sedert die eerste viering van Vrouedag in Augustus 1994 het nog nie veel verander nie, buiten dat statistiek van geweld teenoor vroue daagliks styg.

Vroue is die steunpilare van hul gemeenskappe en die ANC-regering sal geslagsgeweld met meer erns moet aanspreek. Suid-Afrika se vroue verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.