Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mkhwebane moet konsentreer op haar eie beeld

Die nuwe Openbare Beskermer (OB), adv. Busisiswe Mkhwebane se uitlatings oor ‘n skenking van USAID wat adv. Thuli Madonsela as OB aanvaar het, is betreurenswaardig aangesien dit die indruk kan wek dat sy haar voorganger verdag wil maak, sê dr, Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Hy sê Mkhwebane moet besef sy het groot skoene om vol te staan, en sy moet eerder op haar kantoor se werk konsentreer en haar eie beeld opbou om die publiek se vertroue te wen.

“Uit Madonsela se antwoord blyk duidelik dit dat die OB se kantoor sulke skenkings nie direk ontvang nie, maar dat dit na die regering gaan wat dit op sy beurt toeken. Dit dui daarom ongelukkig ook op gebrekkige kennis aan die kant van Mkhwebane oor die proses rondom skenkings.

“Mkhwebane moet besef dat die publiek van Suid-Afrika groot vertroue het in die kantoor van die OB. Sy sal hard moet werk om dit so te hou aangesien dit een van die min instellings ter beskerming van die land se demokrasie is waarin die publiek vertroue gehad het.

“As die vertroue geskaad word, sal dit baie moeilik wees om dit weer terug te wen,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.