fbpx
Vryheidsfront Plus

Mkhondo-inwoners vra VF Plus om namens hulle in te tree by provinsiale wetgewer

Inwoners van die Mkhondo-plaaslike munisipaliteit (Amsterdam, eMkhondo / Piet Retief) het tydens 'n openbare vergadering die afgelope naweek, hul misnoeë met die munisipaliteit se onvermoë om dienste te lewer en korrupsie uit te roei, teenoor die VF Plus uitgespreek.

Hulle het ook die party versoek om namens hulle in te tree by die provinsiale regering van Mpumalanga.

Die VF Plus het onderneem om die munisipale amptenare se beweerde korrupsie te laat ondersoek en te verseker dat leefstyloudits op amptenare uitgevoer word.

Die party het reeds ‘n tyd gelede gevra om leefstyloudits op amptenare van Mkondo te laat doen en sal druk uitoefen op premier Refilwe Mtsweni-Tsipane om haar belofte hieroor gestand te doen.

Ander klagtes sluit onder meer in die toepassing van interne beurtkrag deur die munisipaliteit en dat die beurtkragskedule wat aan inwoners gekommunikeer word onbetroubaar is en byna nooit gevolg word nie. Kraginfrastruktuur word ook nie na behore onderhou nie en veroorsaak verdere kragonderbrekings.

Mkondo skuld Eskom tans sowat R252 miljoen, maar betaal al vanaf Maart 2021, toe R30 miljoen aan Eskom betaal is, nie meer sy kragrekening nie.

Die munisipaliteit het intussen ‘n betalingsooreenkoms met Eskom bereik waarvolgens die munisipaliteit R6 miljoen per maand sal betaal plus R12 miljoen om die bestaande rekening te vereffen. Daar sal egter gesien moet word of Mkhondo die ooreenkoms gaan eerbiedig.

Inwoners is ook ontevrede dat hulle getrou hulle belastings en tariewe betaal, maar dienslewering nie dienooreenkomstig geskied nie en die munisipaliteit van 1 Julie van inwoners gaan verwag om nog meer te betaal vir dié swak dienslewering.

Rioollekkasies wat weke neem om te herstel, straatligte wat nie werk nie, ondrinkbare water en onbegaanbare paaie is van die ander klagtes.

Die VF Plus sal al die inwoners se klagtes en bekommernisse onder die wetgewer se aandag bring en aandring op antwoorde.

Die enigste langtermyn-oplossing vir die inwoners van Mkhondo se probleme is om van die ANC-beheerde raad ontslae te raak.

Inwoners word aangemoedig om seker te maak hulle is geregistreer om op 27 Oktober saam met die VF Plus op te staan, saam te staan en ‘n bevoegde raad te verkies wat hul belange op die hart sal dra

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.