fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom inhegtenisname van drie voormalige amptenare van Wes-Randse distriksmunisipaliteit oor VBS-skandaal

Die VF Plus verwelkom die inhegtenisneming van drie voormalige amptenare van die Wes-Randse distriksmunisipaliteit in verband met beleggings wat die munisipaliteit in die omstrede VBS Mutual Bank gemaak het.

Die Valke het die voormalige munisipale bestuurder, Moroashike David Mokoena, die voormalige finansiële hoof, Romeo Mohaudi en die voormalige bestuurder van inkomstes en uitgawes en die voormalige waarnemende munisipale bestuurder van die Merafong-plaaslike munisipaliteit, Mzwandile Reginald Mkhize, Maandag in hegtenis geneem.

Hulle het gister (Dinsdag) in die hof verskyn en is elk op borgtog van R50 000 vrygelaat.

Die Wes-Randse distriksmunisipaliteit het R81 miljoen, en die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) R50 miljoen in die VBS-bank belê.

Na bewering het die persone munisipale fondse in dié bank belê strydig met die bepalings van die Munisipale Finansiële Bestuurswet, wat bepaal dat munisipaliteite nié fondse in ‘n onderlinge bank mag belê nie.

Beide hierdie munisipaliteite is in ‘n finansiële verknorsing en kan nie hul verpligting om doeltreffend dienste te lewer aan gemeenskappe, nakom nie.

Mohaudi het as finansiële bestuurder gedien in beide die munisipaliteite tydens die onwettige beleggings in VBS.

Mkhize het ook as waarnemende munisipale bestuurder vir Merafong gedien in die 2018/19-finansiële jaar.

Die VF Plus is tevrede dat die VBS-skandaal uiteindelik op die spits gedryf word met die verskyning van verskeie amptenare en voormalige amptenare en glo dat die hofuitspraak regverdig en billik sal wees.

‘n Sterk boodskap moet gestuur word aan munisipale amptenare wat hulself skuldig maak aan korrupsie en die wanaanwending van belastinggeld dat dié dade nie ongestraf sal bly nie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.