Dit blyk dat daar geen verpligte inenting vir skoolkinders gaan wees nie.
'n VF Plus-parlementêre vraag aan die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, oor of leerders aan laer- en hoërskole verplig gaan word om vir die Covid-19-inenting te registreer, is met 'n ondubbelsinnige "nee" beantwoord.
Die minister se volledige antwoord lui: "Daar sal nie van leerders vereis word om vir inenting te registreer nie; aangesien daar tans geen goedgekeurde entstof vir kinders onder die ouderdom van 18 jaar in Suid-Afrika beskikbaar is nie."
Die VF Plus verwelkom die feit dat die minister alle onsekerheid hieroor uit die weg geruim het.