Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Middelplaas steeds sonder drinkwater ná meer as 100 dae

Meer as 100 dae ná die verwoestende vloede van Mei sit inwoners van Middelplaas in die De Rust-omgewing steeds sonder betroubare drinkwater.

Dit is onaanvaarbaar dat ’n basiese noodsaaklikheid soos water so lank nie herstel is nie.

Munisipale amptenare van die Oudtshoorn-munisipaliteit en ’n kontrakteur is weekliks op die terrein, maar die herstelwerk bring geen volhoubare oplossing nie.

Dieselfde probleme duik keer op keer op, wat dui op swak vakmanskap en ’n gebrek aan aanspreeklikheid. Intussen stapel kostes op sonder dat inwoners die diens kry waarop hulle geregtig is.

Die VF Plus wil beklemtoon dat water nie ’n luukse is nie, maar ’n basiese reg. Inwoners van Middelplaas word gestraf deur ’n stelsel wat nie sy plig nakom nie. Die munisipaliteit moet dringend ’n deeglike ondersoek doen, aanspreeklikheid bepaal en ’n volhoubare oplossing in werking stel.

Die mense van Middelplaas het lank genoeg gewag. Elke dag sonder drinkwater is ’n skending van hul regte en ’n bewys van ’n munisipaliteit wat faal in sy basiese verantwoordelikheid.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.