Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Groot gehore bevestig groeiende steun vir VF Plus in KwaZulu-Natal

Die VF Plus het die afgelope tyd groot gehore in KwaZulu-Natal getrek met ‘n reeks openbare vergaderings wat regoor die provinsie gehou is.

Die vergaderings was deel van die partyleier, dr. Corné Mulder, se “Dit is Tyd”-toer deur die land, wat ook gebiede aan die Suidkus, die Natalse Middellande en die Noordkus ingesluit het.

In Shelly Beach aan die Suidkus, Howick in die Middellande en Ballito aan die Noordkus is die sale volgepak en daar moes meermale bykomende sitplekke beskikbaar gemaak word vir die groter as verwagte gehore.

Die VF Plus se boodskap aan die publiek was duidelik: Die party staan ferm en sterk in KwaZulu-Natal en is gereed om die inwoners van dié provinsie te verteenwoordig en te dien.

Ander partye het duidelik kennis geneem van die VF Plus se groeiende steun en teenwoordigheid in die provinsie, en die party sal hom nie laat afskrik of ontspoor in sy taak om sy voetspoor in KwaZulu-Natal te verstewig nie.

Dit dien as duidelike bewys dat die publiek verandering en verbetering soek, en dit is tyd vir daardie veranderinge om plaas te vind. Gemeenskappe het genoeg gehad van swak en korrupte regerings, en die VF Plus het gewys dat hy gereed is om sy plek in die raadsale van KwaZulu-Natal in te neem en te help om hierdie veranderinge te bewerkstellig na afloop van die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November.

Dit is tyd om van onbevoegde regerings ontslae te raak en om hulle te vervang met goeie en verantwoordbare regerings op plaaslike vlak. Die VF Plus se kandidate is toegewyd, vasberade en gereed om hul gemeenskappe te dien.

Die party se strukture regoor KwaZulu-Natal is ingrypend versterk en uitgebou, en soos elders in die land raak hy toenemend ‘n krag wat ‘n groot rol gaan speel in die vorming en bestuur van plaaslike regerings.

Die VF Plus dra die belange van alle Suid-Afrikaners op die hart en saam kan daar van Suid-Afrika ‘n sukses gemaak word om ‘n veilige tuiste en toekoms vir almal te skep.

Dit is tyd vir verandering en verbetering. Soos elders in die land, is dit ook tyd vir die VF Plus in KwaZulu-Natal.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.