Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Merafong-munisipaliteit herstel Rotoraskool vir gestremde leerlinge se krag ná VF Plus ingryp

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) het vandag, na volgehoue druk van die VF Plus, die elektrisiteit na die Rotora-skool vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes in Carletonville, herstel.

Die skool was vir langer as ‘n maand sonder elektrisiteit.

Die VF Plus het ingegryp nadat die gemeenskap van Carletonville die party oor die skool se probleme genader het.

Die speaker van Merafong, Elvis Mphithikezi, is gevra om in te gryp en skrywes is gerig aan Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, aan Lebogang Maile, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake en aan Jacob Mamabolo, LUR vir gesondheid, met die versoek om onmiddellik in te gryp.

Kabeldiefstal het die skool vanaf 7 September sonder elektrisiteit gelaat en die meisieskoshuis sedert 24 Augustus. Die situasie by die skool het Sondagaand verder versleg toe dele van die sekuriteitsnetwerk gesteel is.

Die VF Plus sal nie huiwer om die owerhede tot verantwoording te roep nie, veral nie wanneer leerlinge met spesiale behoeftes, benadeel word nie.

Navrae: 071 604 9498

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.