Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Merafong-burgemeester beloof Welverdiend krag ná druk van VF Plus

Die burgemeester van die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela), me. Nozuko Best, het onderneem om kragtoevoer na Welverdiend teen Sondag (3 Augustus) te herstel. Inwoners is al 33 dae sonder krag.

Sy het dié onderneming gedoen tydens ‘n onstuimige raadsvergadering waar die VF Plus groot druk op haar geplaas het om die situasie reg te stel.

Die burgemeester het aangedui dat Merafong drie transformators (een 10-MVA en twee 5-MVA) by die Frikkie van der Merwe-substasie gaan installeer.

Inwoners van Welverdiend wat reeds 33 dae sonder krag is, was ook vir vier dae sonder water nadat Rand Water die watertoevoer na Merafong drasties verlaag het. Die reservoirs het leeggeloop en Welverdiend sonder water gelaat.

Die munisipaliteit wat Rand Water R1.4 miljard skuld, het intussen ʼn bedrag van R50 miljoen betaal, waarna ʼn watervloei van 80% deurgelaat is.

Die VF Plus steun die inwoners van Welverdiend wat die raadsvergadering in groot getalle bygewoon het om verdere druk op die burgemeester te plaas. Die inwoners van Welverdiend se stem moet gehoor word.

Die party sal die situasie dophou en indien die burgemeester nie haar woord gestand doen nie, verdere stappe neem.

Inwoners van Welverdiend is uitgelewer aan ʼn munisipaliteit se onvermoë om basiese dienste te verskaf.

Die munisipaliteit het ook geen poging aangewend om ʼn tussentydse reëling te tref om krag aan Welverdiend te verskaf nie. Sulke optrede kan nie langer geduld word nie.

Welverdiend verdien beter.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.