fbpx
Vryheidsfront Plus

Mbombela wil rampbestuursbegroting in plek van jaarlikse instandhoudingsbegroting gebruik vir paaie

Die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Barberton, Nelspruit/Mbombela, Kaapsehoop, Witrivier, Hazyview) wag dat rampbestuurfondse toegeken word voordat die R40-pad wat deur Hazyview loop en ander munisipale paaie herstel gaan word.

Alhoewel die R40 ‘n provinsiale pad is, is daar ‘n ooreenkoms tussen die provinsiale departement vir paaie en die munisipaliteit om die 2km wat deur Hazyview loop te herstel.

Die VF Plus het sedert Desember 2022 in skrywes aan die burgemeester, Sibongile Makushe, versoek dat die haglike R40 herstel word.

Die omvang van die skade aan die R40 is intussen vererger weens die aanhoudende reën regdeur Februarie. Indien die onderhoud op hierdie pad wel gedoen was, sou die reën minimale skade aangerig het.

Departementele amptenare het erken dat Mbombela nie die verskaffer van teer betaal het nie en dat herstelwerk in Januarie 2023 sou plaasvind.

Nou beweer die munisipaliteit dat hy wag vir die rampbegroting om homself in staat te stel om die skade aan die R40 te herstel. Hierdie begroting sal egter vir slegs 3000 slaggate in die noordelike streek van Hazyview en White Hazy toegeken word.

Die jaarlikse instandhoudingsbegroting vir geringe paaie-herstelwerk is nie naastenby genoeg om die herstel van slaggate deur die finansiële jaar vol te hou nie. Die verskoning om te wag dat die ramptoewysingsbegroting toegeken word, is 'n aanduiding dat departementele finansies nie reg bestuur word nie.

Die belastingbetalers van Hazyview het nou aangebied om die warm asfalt te koop en die masjinerie te borg om die pad te herstel. Dit beteken dat die belastingbetalers dubbel vir hierdie herstelwerk gaan betaal.

Dit sou nie gebeur het indien dit 'n VF Plus-bestuurde munisipaliteit was nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.