fbpx
Vryheidsfront Plus

Mbombela: VF Plus versoek ouditverslag aangaande staatsentiteite se uitstaande huurgeld

Die VF Plus het die Mbombela-plaaslike munisipaliteit versoek om ʼn ouditverslag aan die raad voor te lê rakende die uitstaande bedrae wat staatsentiteite aan hom skuld vir agterstallige huurgeld.

Die jongste munisipale raadsvergadering onderstreep die feit dat die ANC hierdie munisipaliteit (Hazyview, Nelspruit, Witrivier, Barberton en Kaapsehoop) tot bankrotskap regeer.

Die aansuiweringsbegroting sowel as finansiële prestasieverslag is tydens die vergadering bespreek.

Dit is veral skuld van staatsdepartemente aan die munisipaliteit wat ʼn weghol trein is. Munisipale bates soos geboue word gehuur, maar die maandelikse tariewe en belasting word nie betyds betaal nie. Die departemente se skuldlas aan Mbombela raak onhoudbaar.

Hierdie staatsentiteite skuld die munisipaliteit tans sowat R212 miljoen. Dit is luidens geskrewe antwoorde op vrae van die VF Plus.

Plaaslike sakeondernemings skuld Mbombela sowat R170 miljoen. Ander agterstallige skuld sluit in huishoudings wat R688 miljoen skuld en ander debiteure wat sowat R11,6 miljoen skuld.

Alhoewel die munisipale bestuur aandui dat sy skuldinvordering verbeter het, is daar skynbaar geen antwoord oor hoe om geld te hanteer wat aan die munisipaliteit verskuldig is vanaf ander regeringstrukture nie.

Die staatskuld hoop eenvoudig net op.

Dit VF Plus sal dit nou na provinsiale vlak laat eskaleer vir optrede en om oplossings te bewerkstellig.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.