Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mbombela: VF Plus-mosie om dienste aan provinsiale en nasionale regering te sny word afgekeur

Die ANC plaas sy party bo die belange van die inwoners van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapsehoop, Skukuza, Witrivier), deur nie die VF Plus se mosie te steun aangaande provinsiale en nasionale uitstaande skuld van R241 miljoen nie.

Die provinsiale- en nasionale regering skuld hierdie bedrag aan Mbombela vir dienste wat oor die afgelope duisend dae en meer gelewer is.

Die VF Plus se mosie het versoek dat die munisipaliteit sy verordening oor kredietbeheer- en skuldinvordering toepas wat voorsiening maak vir ‘n reeks stappe wat uiteindelik kan lei tot die afsny van dienste aan wanbetalers.

Volgens Mbombela se uitvoerende burgemeester, me. Sibongile Makushe-Mazibuko, is hierdie verordening in die verlede reeds toegepas.

Tog, ná meer as ‘n duisend dae van wanbetaling, kies die ANC om sy eie strukture te beskerm en weier hy om dienste te sny soos wat met gewone inwoners en sakeondernemings gebeur.

Inwoners en sakeondernemings word daagliks gedwing om vir dieselfde dienste te betaal, en indien hulle versuim, word hul water en elektrisiteit sonder meer afgesny.

Die VF Plus sal hom nou na die openbare beskermer (OB) wend, asook ’n petisie van stapel stuur om genoeg druk op die ANC in Mbombela te plaas om die inwoners eerste te stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.