Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-raadslid ontbloot mensehandel-skuilhuis in Kemptonpark

Die VF Plus het Vrydag (4 Julie) gehelp om 14 mans van Ethiopië wat in ʼn huis in Birchleigh-Noord aangehou is, te bevry,

Die party se raadslid in Kemptonpark, Jean Kriek, het inligting ontvang van mense wat om hulp skree vanuit ʼn huis en is daarheen om vas te stel wat aangaan.

Op die toneel het hy dadelik die polisie, die Ekurhuleni-metropolisie en private sekuriteitsmaatskappy om hulp gekontak.

Die mans is met pangas en messe aangerand en is na ʼn hospitaal vir behandeling gebring.

ʼn Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die mans onder valse voorwendsels vanuit Ethiopië na Suid-Afrika gelok is waarna hulle in die huis aangehou is. Na bewering het hul ontvoerders groot bedrae geld van hul gesinne geёis vir hul vrylating.

Die polisie se misdaadintelligensie-eenheid ondersoek tans die saak.

Mensehandel is ʼn realiteit in Suid-Afrika en veral in Gauteng waar mense onwettig aangehou word onder die neuse van die publiek in woongebiede.

Beide die Global Organized Crime Index en Global Slavery Index beskou Suid-Afrika as ‘n brandpunt vir mensehandel, met ‘n geskatte meer as 250 000 mense wat in moderne slawernytoestande vasgevang is.

Dié voorval onderstreep die dringende behoefte vir die uitroei van sindikate, beter grensbeheer en beter samewerking tussen gemeenskapslede, veiligheidsdienste en wetstoepassingsagentskappe.

Die VF Plus bedank die polisie van Norkempark, die EMPD, MML-sekuriteit, Elite Force Risk Solutions, Guards Must Be Crazy en Crowned Elite vir hul vinnige optrede.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.