Die Ekurhuleni-metro se onwilligheid om betyds aandag aan infrastruktuurprobleme te gee, kos belastingbetalers duisende.
ʼn Onderneming in Benoni het die VF Plus onlangs gekontak oor ʼn stukkende waterpyp in Oosstraat, Benoni, waaruit water reeds drie jaar lank vloei.
Volgens die eienaar het hy die betrokke departement oor die jare verskeie keer geskakel om die probleem aan te meld, maar sonder sukses.
Die party het self ook die departement van water gekontak, sonder enige reaksie.
Die enigste uitweg was om die burgemeesterskomiteelid vir water, Thembi Msane, te skakel waarna hy druk op die departement geplaas het om die probleem op te los.
Die lekkasie in is eindelik gister (Donderdag 3 Julie) herstel. Die geld wat oor jare hier verlore gegaan het, kon veel eerder aan die opgradering van waterinfrastruktuur bestee gewees het.
Die VF Plus sal aanhou om die metro se foute uit te wys en ʼn spreekbuis vir inwoners te wees.