Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Welverdiend vir meer as week sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) wat berug is vir sy swak dienslewering, is die oorsaak dat Welverdiend al vir meer as ʼn week sonder krag is.

Die Frikkie-substasie in Welverdiend, wat krag lewer aan omliggende gedeeltes en ʼn nuwe laekoste-behuisingsprojek, se transformator is stukkend, vermoedelik weens die hoër kragaanvraag uit die gebiede.

Die VF Plus het verskeie keer die burgemeester van Merafong, Nozuku Best, en die betrokke departementshoofde gevra om navraag te doen oor ʼn transformator van die substasie wat reeds twee jaar gelede gestuur is vir herstelwerk.

In ʼn skrywe van die munisipaliteit is belowe dat dié transformator op 3 Julie gereed sal wees vir installasie. Dit het nie gebeur nie.

Die huidige transformator gee gereeld probleme waar mense vir dae en selfs weke sonder krag moet klaarkom. In Junie was inwoners vir 198 uur sonder krag en verlede jaar vir 18 dae.

Die situasie is onaanvaarbaar en die VF Plus dring daarop aan dat die burgemeester self ingryp om die probleem gouer op te los.

Die inwoners van Welverdiend kan nie gestraf word vir die munisipaliteit se onvermoë om ʼn streek suksesvol te bestuur nie.

Die VF Plus sal aanhou druk plaas op die burgemeester en amptenare om te sorg dat die stukkende transformator gou vervang moet word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.