Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mbombela straf selfversorgende inwoners met heffings op private boorgate

Die Mbombela-plaaslike munisipaliteit straf nou inwoners wat self verantwoordelikheid neem vir hul waterbehoeftes, deur swaar belastings op private boorgate te hef.

Talle gebiede soos Hazyview, Witrivier, Barberton en verskeie landelike gemeenskappe sukkel al jare met onbetroubare of geen munisipale waterverskaffing. In sommige dele is die kraanwater ernstig besoedel, terwyl ander slegs een keer per week water per tenkwa ontvang — en soms boonop daarvoor moet betaal.

Weens hierdie deurlopende mislukking met waterlewering het talle inwoners op eie koste boorgate laat sink om onafhanklik te wees.

In stede daarvan dat die munisipaliteit hierdie selfversorging verwelkom, word hulle maandeliks belas:

• Residensiële eiendomme: R406,50 per boorgat
• Ondernemings: R877,12 per boorgat
• Greenway Woods: R8 953,20 (meer as een boorgat)
• Pine Lake Inn: R6 688,15 (meer as een boorgat)

Laasgenoemde twee is gewilde toerisme-bestemmings naby die Krugerwildtuin wat reeds onder swaar bedryfsdrukte gebuk gaan.

Dit is onaanvaarbaar dat inwoners eers sonder skoon water gelaat word en daarna finansieel gepenaliseer word omdat hulle ‘n alternatief moes vind.

Die VF Plus het ’n mosie ingedien by die speaker, Morris Mazibane, waarin gevra word dat hierdie heffings heroorweeg, drasties verminder of heeltemal afgeskaf word.

Na meer as drie dekades van onvervulde beloftes sal die party nie toelaat dat die munisipaliteit inwoners wat hul eie planne maak, verder uitbuit nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.