Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Willie Spies ingehuldig as nuwe VF Plus raadslid in Tshwane

Willie Spies is vanoggend amptelik ingehuldig as ’n raadslid van die VF Plus in die Tshwane-metroraad. Hy vul die setel wat vakant gelaat is ná die vertrek van Grandi Theunissen vroeër vandeesweek.

Spies, wat ook die VF Plus se burgemeesterskandidaat vir die metro in die komende plaaslike regeringsverkiesing is, het tydens sy inhuldiging verwys na Romeine 8:28 en beklemtoon dat alles ten goede meewerk vir dié wat die Here liefhet.

Hy het verder Marilyn Monroe se bekende woorde aangehaal: “Sometimes good things fall apart so better things can fall together.”

Volgens Spies is dit nou die tyd vir ’n nuwe golf van republikeinse-, groen en oranje geesdrif wat oor die land moet spoel.

Die VF Plus se provinsiale leierskap wens hom alle voorspoed toe en verseker hom van die volle steun van die party in sy nuwe rol.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.