“Volgens ‘n verslag in die besit van die Vryheidsfront Plus is 26 van die 77 raadslede van die Matlosana-stadsraad meer as drie maande agterstallig met hulle diensterekeninge. Hiervan is 20 ANC-raadslede en 6 van die DA en EFF.
“Die EFF se raadslid, mnr. Williams, is die meeste agterstallig met ongeveer R220 000.00 en naas hom die enkel sweep van die raad, mnr. Chinga met amper R90 000.00. Verder is 5 MMC’s uit die 10 MMC’s in die raad ook onder hierdie 26 raadslede wat agterstallig is met hul dienstegelde van onderskeidelik R15 000.00 en meer as R30 000.00.
“Gesamentlik is die uitstaande bedrag meer as ‘n miljoen rand,” sê Michal Groenewald. VF Plus-raadslid in Matlosana.
In terme van die Stelselwet (Wet 32 van 2000) se gedragskode vir raadslede mag raadslede se diensterekeninge nie langer as 90 dae agterstallig wees nie, anders oortree hulle die kode. Die Vryheidsfront Plus gaan die betrokke raadslede amptelik aankla in terme van die gedragskode.
“In 'n sukkelende munisipaliteit waar kiesers nie vir hul dienste betaal nie, is 'n raadslid veronderstel om 'n voorbeeld te stel en nie deel van die probleem te wees nie,” het Groenewald bygevoeg.
Kontaknommer: 079 409 8342