Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Bydrae van R100 000 vir raadslid se begrafnis buitensporig

Tydens ‘n spesiale vergadering van die Mangaung-metroraad gehou op Woensdag 9 November 2016 het die Vryheidsfront Plus nie ‘n mosie vir die toekenning van R100 000 vir die begrafnis van ‘n raadslid gesteun nie. Hierdie raadslid is gedurende Augustus 2016 tot die raad verkies.

Mnr. Wouter Wessels, VF Plus-LPW, het ook tydens 'n Vrystaatse wetgewersitting op dieselfde dag in ‘n lidverklaring gesê dat dit nie noodwendig verkeerd is vir ‘n munisipaliteit om ‘n bydrae tot die koste van ‘n raadslid se begrafnis te maak nie, maar dat R100 000.00 ‘n belaglike en onaanvaarbare bedrag is.

Voorts is daar nie ‘n duidelike beleid met betrekking tot die toekenning van geld vir begrafnisse nie en die huidige beleid skiet ver tekort.

Dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-raadslid in die Mangaung-metroraad, het gesê dat R100 000 buitensporig en onverantwoordelik is gegewe die huidige finansiële krisis waarin die metro homself tans bevind.

 

Heloïse Jordaan

Kontaknommers: 072 997 8315 / 051 407 1104

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.