fbpx
Vryheidsfront Plus

Debat in Vrystaatse Wetgewer oor die droogtetoestand in die land

Die Vrystaatse Wetgewer het gedurende sy pasafgelope sitting op 9 November ‘n debat oor die huidige droogtetoestand in die land gehad.

Mnr. Wouter Wessels, VF Plus-LPW, het in sy toespraak gesê dat ten spyte van die feit dat elke burger mediaberigte en tekens lees en sien van die ergste droogte in Suider Afrika gedurende die afgelope 35 jaar, daar steeds weinig ag geslaan word op die ingestelde waarskuwings en beperkende voorsorgmaatreëls. Hy het die skuld voor die deur van munisipale- en regeringsowerhede gelê weens gebrekkige toepassing en polisiëring van hierdie regulasies.

Wessels het die stelling gemaak dat die ANC-regering geensins behoorlike waterbestuur en -beplanning toepas nie en sodoende direk bydra tot die krisis en waterverliese van tot R7 miljard per jaar.

Hy het ook benadruk dat baie kommersiële landbouers nie hierdie droogte sal oorleef nie, maar dat die regering steeds nie bereid is om voldoende droogtehulp te verskaf nie en dit onafwendbaar ‘n direkte negatiewe impak op sekondêre industrieë, werkskepping en voedselsekerheid sal hê.

Wessels is van mening dat dit onaanvaarbaar is dat hoër onderwys as prioriteit bo die droogte-krisis gestel word.

R17 miljard is gedurende die mediumtermynbegroting aan hoër onderwys toegeken, dus sal studente waarskynlik grade behaal, maar honger wees omdat voedsel onbekostigbaar of onbeskikbaar sal wees.

“Ons is dankbaar vir die onlangse reënval, dit het ‘n mate van verligting gebring, maar daar word beraam dat dit nog ongeveer vyf jaar sal neem vir damme om weer normale vlakke te bereik – mits behoorlike bestuur en besparingsmaatreël toegepas word. Dit is onaanvaarbaar dat die ANC-regering nie hierdie krisis benader met die erns wat dit verdien nie, nie waterverliese behoorlik beperk en nie voldoende hulp aan kommersiële landbou verleen nie”, het Wessels gesê.

 

Heloïse Jordaan

Kontaknommers: 072 997 8315 / 051 407 1104

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.