Die diensleweringskrisis wat tans in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) ervaar word, is die direkte gevolg van die ANC wat nie verantwoordelikheid vir sy eie mislukkings aanvaar nie.
Dit is duidelik uit die eerste dag van die NRP se provinsiale week in die Vrystaat waar dié sukkelende munisipaliteit Dinsdag moes verduidelik hoekom Matjhabeng in ‘n enorme finansiële- en diensteverknorsing is.
Die munisipaliteit se burgemeester, Nkosenjani Speelman, het duidelik geen beheer oor sy munisipaliteit nie. Speelman kon nie verduidelik wat hy doen om oplossings vir die voortslepende skuld van meer as R3,4 miljard aan Sedibeng Water te implementeer nie en hoe Matjhabeng gaan verseker dat inwoners nie weer deur wanbetaling geraak sal word nie.
Matjhabeng is onder Speelman die swakste munisipaliteit in die Vrystaat wat finansies en dienslewering betref. Geen ingryping onder die ANC-provinsiale regering sal Matjhabeng red nie, omdat die ANC se eie onvermoë en korruptheid die oorsaak van Vrystaatse munisipaliteite se ondergang is.
Die VF Plus sal aanhou om die ANC tot verantwoording te roep en hoop te bied waar munisipaliteite nie dienste vir inwoners lewer nie.
Navrae: 076 629 6219