Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kimberley-waterprobleme: Wanbetaling kortwiek proaktiewe optrede

Die tegnologie bestaan om voorkomend op te tree teen frustrerende wateronderbrekings soos die afgelope vyf dae in Kimberley beleef word tydens werk wat gedoen word aan die hoofpyplyn wat dié stad van water voorsien.

Wanbetaling van gebruikers wat tot die huidige finansiële verknorsing van die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley en Ritchie) gelei het, kortwiek egter die gebruik van dié tegnologie en veroorsaak dat krisisbestuur noodgedwonge toegepas moet word.

Volgens mnr. Johan Smit, sekretaris van die VF Plus-tak in Kimberley en voorheen 'n raadslid, is die werk wat wel aan die pypleiding gedoen word, van ‘n hoë gehalte.

Die pyplyn van 900mm in omvang, strek oor sowat 40 kilometer en is in 'n relatiewe goeie toestand buiten vir die gedeelte tussen die weermagbasis en Roodepan. Die Postmasburg-mangaanspoorlyn loop deur dié gebied.

Ten tyde van 'n vorige raadsvergadering het mnr. Boy Dluwayo, waarnemende munisipale bestuurder, bevestig dat die tegnologie en toerusting wel beskikbaar is om lekplekke vooraf te kan opspoor om herstelwerk te doen voor die pype breek en lek. In hierdie stadium is die Sol Plaatje-munisipaliteit onder geweldige finansiële druk en kan so 'n proses nie bekostig word nie.

Die VF Plus staan die gebruik van sulke tegnologie voor. Dit sal voorkom dat pype eers moet breek en water totaal afgesny moet word om die skade te herstel soos wat nou gebeur het.

Navrae: 083 454 9410

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.