fbpx
Vryheidsfront Plus

Mangaung-metroraad: Nuwe voltydse voorsitter van raadskomitees is geldmors

Die Vryheidsfront Plus het tydens ‘n spesiale raadsvergadering van die Mangaung-metroraad op 1 September 2016 teen ‘n voorstel gestem dat vier voltydse voorsitters van vier komitees bykomend tot die Munisipale Oorsig en Openbare Rekeninge-komitee aangestel word.

Die vier komitees is die Vergoedings-, die Reëls-, die Plekname-, en die Petisies en Mosie-komitee. Die aanstelling van voltydse voorsitters van hierdie komitees het ‘n geweldige finansiële implikasie vir die metroraad. Die verskil in raadstoelaag is astronomies. ‘n Deeltydse voorsitter verdien R457 709 terwyl ‘n voltydse voorsitter R832 197 per jaar verdien. Dit beteken dat ‘n voltydse voorsitter meer as R31 000 per maand meer verdien as wat ‘n deeltydse voorsitter sou verdien.

Die VF Plus veroordeel hierdie vrugtelose en nuttelose uitgawe ten sterkste en versoek die LUR om in te gryp en te verseker dat die voorsitters deeltyds is.

 

Dr Elizabeth Snyman-van Deventer

082 305 1540

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.