Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Grondwethof se uitspraak oor McBride verwelkom

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die grondwethof se uitspraak dat die minister van polisie nie magtiging het om die hoof van die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (OPOD), Robert McBride, te skors nie. Hierdeur word die onafhanklikheid van OPOD versterk en bevestig. Dit behoort groter vertroue by die publiek te laat ontstaan dat hulle klagtes teen lede van die polisie nie deur inmenging van die minister ondermyn sal word nie.

“Dit beteken nie dat McBride onskuldig bevind is nie en die uiteinde sal waarskynlik wees dat die portefeuljekomitee vir polisie in die parlement in opdrag van ‘n besluit van die Nasionale Vergadering, nou ‘n dissiplinêre verhoor teen McBride sal moet hou.

“OPOD is die waghond van die publiek oor die polisie en ondersoek klagtes teen die polisie deur die publiek. Die publiek moet dus vertroue hê in die hoof van OPOD. McBride is uiters omstrede en ondersoeke na hom moet so spoedig moontlik afgehandel word, aangesien die hoof van OPOD vertroue by die publiek moet wek,” sê dr Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Polisie

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.