Die Vryheidsfront Plus het teen ‘n voorstel op die spesiale raadsvergadering van die Mangaung-metroraad gestem dat ‘n vorige besluit van die raad teruggetrek word.
Hierdie besluit handel oor die aankoop van kaartjies vir byvoorbeeld konserte, sportbyeenkomste, ens. Die besluit is dat kaartjies vir raadslede gekoop word. Dit is onaanvaarbaar dat belastingbetalers se geld op die aankope van kaartjies vermors word. Indien dit nodig is om kaartjies te koop om ‘n sukses te maak van ‘n byeenkoms wat in Mangaung gehou word, dui dit tog daarop dat die byeenkoms nie opsigself ‘n sukses sou wees nie.
Die aankope van kaartjies vir raadslede is onaanvaarbaar en sal ‘n vrugtelose en nuttelose vermorsing van geld wees.
Dévar Smit
084 206 3375