Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mangaung-metro se vorderingsverslag onaanvaarbaar

Die kwartaallikse vorderingsverslag vir die Mangaung-metro (Bloemfontein, Botshabelo, Thaba Nchu, Dewetsdorp, Van Stadensrus en Wepener) se dienslewerings- en begrotingsplan is ‘n aanklag van onbevoegdheid teen die ANC-beheerde munisipale bestuur, het Devar Smit, VF Plus-raadslid in die metro na afloop van vandag se raadsvergadering gesê.

“Volgens die verslag is slegs 43% van die dienslewerings- en begrotingsprojekte op koers en onderpresteer 57% van die projekte tans. Die VF Plus kan nie ‘n verslag goedkeur waarin daar nie eens 50% vordering getoon word nie.

“Die praktiese implikasie van sodanige onderprestasie is dat paaie nie reggemaak word nie, sportgeriewe nie in stand gehou word nie, agro-boerderye nie ondersteun word nie en die mense van die Vrystaat, as gevolg van swak bestuur en beplanning en die ANC-regering se onvermoë om planne wat hulself op die tafel geplaas het deur te voer, daaronder ly,” het Smit gesê.

 

Kontakbesonderhede: 084 206 3375 / 082 305 1540

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.