Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mangaung-metro moet reuse oninbare skuld weens swak bestuur afskryf

Die raad van die Mangaung-metro, wat Bloemfontien, Botshabelo, Thaba Nchu Dewetsdorp, Wepener en Van Stadensrus insluit, moes vandag meer as R100 miljoen aan oninbare skuld afskryf, het dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-raadslid in die metro na afloop van die raadsvergadering gesê.

Volgens Snyman-van Deventer sluit die oninbare skuld nagenoeg R56 miljoen van die armlastigheidsregister, sowel as nagenoeg R494 miljoen van ander oninbare skulde, soos die van insolvente en insolvente boedels, pensioenarisse en slegte skuld in.

“Die armlastigheidsregister is nou ‘n groter noodsaaklikheid as ooit tevore, aangesien daar mense is wat werklik nie munisipale dienste kan bekostig nie en die subsidies broodnodig het, maar die munisipaliteit se stelsels om hierdie register te administreer is ontoereikend en die bestuur van die munisipaliteit se debiteure is onvoldoende en gebrekkig van aard.

“Die munisipaliteit se invordering van debiteure is so gebrekkig dat sommige verbruikers op hierdie register tot soveel as R500 000 skuld. Behoorlike invorderingskontroles sou so ‘n geval vroeër as armlastig kon identifiseer, alvorens daar so ‘n astronomiese skuld opgeloop kon word.

“Die ANC-regering se onvermoë om behoorlike bestuur toe te pas is duidelik in alle sfere van munisipale bestuur, soos in die geval waar die kwesbaarste lede van ons gemeenskap ook daaronder moet ly,” het sy gesê.

 

Kontakbesonderhede: 082 305 1540

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.