fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus lê klag by Openbare Beskermer teen Gautengse LUR vir samewerkende regering

Die VF Plus en DA van Krugersdorp het vandag gesamentlik ‘n klag by die kantoor van die Openbare Beskermer ingedien teen die Gautengse LUR vir samewerkende regering, Paul Mashatile, sê Jaco Mulder, VF Plus-provinsiale leier vir Gauteng. Die klag is gesamentlik onderteken en ingedien deur raadslede Amanda de Lange van die VF Plus en Michael Holenstein van die DA

Die klag spruit voort uit die voortdurende manipulering van raadsreëls- en reglemente deur die ANC speaker, Patrick Lepudi, sedert die plaaslike regeringsverkiesing van Augustus 2016 en is ingedien ingevolge paragraaf 4(3) van die Uitvoerende Lede-Wet op Etiek (Wet 82 van 1998).

Mashatile het sy oorsigrol as LUR versuim deurdat hy klagtes hieroor herhaaldelik verontagsaam het.

Die DA, VF Plus en IVP gesteun deur die EFF gaan op 28 Junie 2017 die koalisie wat op onregmatige wyse deur die ANC speaker tot ‘n val gebring is herstel nadat Lepudi met ‘n mosie van wantroue, die koalisie op 31 Mei 2017 onttroon het.

Mnr Jaco Mulder sê sy party sal alle remedies tot sy beskikking aanwend om reg te laat geskied aan die wil van die kiesers. Die meerderheid kiesers het in 2016 vir ‘n opposisieparty van hul keuse gestem en nie vir die ANC nie.

 

Kontaknommers: 082 466 3786/ 071 604 9498 / 082 806 7891

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.