fbpx
Vryheidsfront Plus

Mangaung-metro lewer onrealistiese spoeg-en-plak-begroting

Die VF Plus het nie die 2020/2021-begroting wat gister virtueel aan die Mangaung-metroraad (Bloemfontein, Botshabelo, Dewetsdorp, Mangaung, Soutpan, Thaba Nchu, Van Stadensrus, Wepener) voorgelê is, gesteun nie.

Die ANC in die Mangaung-metro-munisipaliteit se spoeg-en-plakmetode om begrotings op te stel, het hom ingehaal. Toegangsfooie vir beide die Arthur Nathan-swembad én dieretuin sal met 10% verhoog, al bestaan beide hierdie instansies nie meer nie.

Tariefverhogings in die Mangaung-metro is soos volg:

Eiendomsbelasting (gemiddeld 4,9 %)
Water (gemiddeld 9%)
Elektrisiteit (gemiddeld 4,6 %)
Riooldienste (gemiddeld 8,5% vir residensiële- en 8,85% vir nie-residensiële eiendom)
Vullisverwydering (gemiddeld 8,09%)

Hierdie voorgestelde tariefverhogings en gevolglike geprojekteerde inkomste vir die nuwe finansiële jaar is, nie haalbaar nie. Dit sal slegs tot gevolg hê dat die reeds enorme debiteureskuld van sowat R7,4 miljard sal vermeerder, omdat hierdie tariewe vir baie inwoners onbekostigbaar sal wees.

Gegewe die huidige finansiële posisie van die Mangaung-metro en die ekonomiese impak wat die Covid-19-pandemie op sy inwoners het, versuim die metro om inwoners tegemoet te kom deur nie tariewe in lyn met die inflasiekoers te bring nie.

Dit is duidelik dat openbare deelname en insette nie enige gewig in hierdie begroting dra nie, aangesien dit geensins in enige forum bespreek is nie en die metro slegs een werksdag gehad het om insette te oorweeg. Dit dien as bewys dat die ANC-regering openbare deelname slegs as rubberstempels beskou en nie die werklike behoeftes van die gemeenskap in ag neem nie.

Navrae: 064 847 560

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.