fbpx
Vryheidsfront Plus

Mangaung: Metropolisie nie prioriteit bo dienslewering

Alhoewel die VF Plus nie in beginsel gekant is teen die Mangaung-metropolisie nie, waarsku die party dat dit nie prioriteit bo dienslewering behoort te geniet nie.

Die LUR vir samewerkende regering, Thembeni Nxangisa, is nie eerlik as hy sê dat die metro die metropolisie-projek sal kan befonds nie. Die 2020/2021-begroting is reeds 80% deur toelaes befonds en die VF Plus is nie oortuig dat die metro hierdie projek uit sy eie inkomste sal befonds nie.

Die huidige finansiële posisie van die metro laat nie die totstandkoming van die metropolisie toe nie.

Getroue betalende inwoners ontvang reeds nie basiese dienste nie en die VF Plus is van mening dat die befondsing hiervan verdere gebrekkige dienslewering sal veroorsaak.

Die metro bewys keer op keer dat hy nie eers in staat is om die mees basiese dienste te kan lewer nie en daarom is die VF Plus skepties dat hierdie ‘n suksesvolle projek sal wees.

Dit is onregverdig dat inwoners ten duurste vir hierdie dienste sal moet betaal, maar nie kwaliteit diens in ruil daarvoor sal ontvang nie.

Navrae: 082 305 1540

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.