fbpx
Vryheidsfront Plus

Mafube blameer inwoners eerder as om dienste te lewer

Die VF Plus beskou dit as onaanvaarbaar dat die skuld vir Mafube-plaaslike munisipaliteit (Frankfort, Tweeling, Villiers en Cornelia) se swak finansiële omstandighede op die plaaslike besigheidsforum gepak word.

Die munisipale administrasie voer in die munisipaliteit se aansuiweringsbegroting aan dat die Mafube Besigheidsforum vir die swak invordering van dienstegelde verantwoordelik is.

Die munisipale salarisrekening beloop sowat 48% van die begroting, terwyl inwoners feitlik geen dienste ontvang nie.

Inwoners ontvang vir die afgelope drie jaar ook geen diensterekeninge nie na daar op munisipale bates beslag gelê is en rekeninge nie gedruk kan word nie.

Sedert die provinsiale regering se Artikel 139-intervensie in 2017, kon die Mafube-administrasie nie daarin slaag om ‘n enkele drukker aan te koop om rekeninge te verskaf nie.

Die munisipaliteit moet sy retoriek, dat inwoners die sondebok is, dadelik staak en verantwoordelikheid neem vir sy onvermoë om basiese bestuursbeginsels toe te pas. Indien Mafube ‘n onderneming was, sou hy lank reeds gelikwideer word.

'n Munisipaliteit kan nie van inwoners verwag om vir dienste, soos vullisverwydering te betaal, terwyl dié dienste totaal afwesig is nie.

Die ANC-regering is nie daartoe in staat om op provinsiale óf nasionale vlak leiding te gee en in te gryp nie en moet in die komende munisipale verkiesing vervang word.

Navrae: 079 517 8059

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.