Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Maand se skorsing van adjunkminister Dipuo Peters is oëverblindery

Pres. Cyril Ramaphosa se maandlange skorsing van adjunkminister Dipuo Peters weens ʼn oortreding van die etiese kode terwyl sy minister van vervoer was, is skaars ʼn raps oor die vingers en wys hoe die ANC sy kaders beskerm.

Peters is tans adjunkminister van kleinsake-ontwikkeling. Die skorsing volg op ʼn aanbeveling van die parlement se gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange.

Daar is onder meer bevind dat Peters versuim het om ʼn uitvoerende hoof vir die Passasiersspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) aan te stel en dat sy Prasa se raad onder voorsitterskap van Popo Molefe afgedank het nadat hulle ondersoeke na korrupsie ingestel het.

Sy het ook versuim om die bewering te ondersoek dat Swifambo Rail R79 miljoen van Prasa se geld onregmatig na die ANC se koffers gekanaliseer het en dat sy in 2014 en 2015 Prasa-busse vir ANC-geleenthede gebruik het.

Hierdie klagte is ernstig en die president moes haar na regte summier afgedank het ná die aanbeveling van die komitee.

Die skorsing van een maand stuur ʼn boodskap dat die regering korrupsie en bedrog sal duld en oortreders selfs sal beskerm solank die ANC daardeur bevoordeel word.

ʼn Minister is veronderstel om ten alle tye eerlik en met integriteit op te tree. Hierdie aanklagte is ʼn bewys van oneerlikheid. Pres. Ramaphosa is duidelik nie ernstig oor korrupsie nie.

Indien iemand vir oortredings soos dié so lig gestraf word, wonder die VF Plus wat ʼn minister wel moet doen om afgedank te word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.