fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC kan nie vertrou word met eensydige pandemie-ooreenkoms

Die VF Plus het ernstige bedenkinge oor die ondertekening van die internasionale verdrag oor pandemievoorkoming en paraatheid deur lidlande van die Wêreld-gesondheidsorganisasie (WGO).

Die ANC-regering het die ondertekening van die verdrag só stil gehou dat parlementslede eers daarvan bewus geraak het nadat die publiek dit in Mei 2022 deur ʼn skrywe onder die aandag van die VF Plus gebring het.

Die VF Plus het ʼn eie ondersoek daarna gedoen en dit het toe aan die lig gekom dat die ANC-regering met die WGO onderhandel het en moontlik die verdrag onderteken het.

Dit sal beteken dat die WGO in die toekoms aan Suid-Afrika voorskryf hoe om ʼn pandemie op tuisbodem te bestuur.

Almal weet watter uiters nadelige gevolge die Covid-19-inperkings, wat die ANC deur talle sinnelose regulasies op alle Suid-Afrikaners afgedwing het, op die land se ekonomie en die welvaart van miljoene mense gehad het.

Voordat enige verdrae rondom pandemies met ander lande en internasionale organisasies gesluit word, veral met die WGO, behoort die Suid-Afrikaanse publiek daarvan kennis te dra en moet hulle toegelaat word om insette daaroor te kan lewer. Dit mag nie in die geheim geskied nie.

Suid-Afrika se Grondwet bepaal duidelik dat enige internasionale verdrag eers bindend is sodra die Nasionale Vergadering (NV) en die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) dit aanvaar het.

Die swak besluite en foute wat tydens die Covid-19-pandemie gemaak is, mag nie herhaal word nie.

Dit is van die uiterste belang dat die Suid-Afrikaanse publiek die geleentheid gegun word om kommentaar te lewer oor die beplande verdrag wat die regering namens hulle gaan onderteken en dit is ewe belangrik om al die besonderhede van die verdrag bekend te maak.

Die Suid-Afrikaanse publiek weet nou reeds dat die ANC met niks vertrou kan word nie, veral nie oor ʼn saak wat elke Suid-Afrikaner direk raak nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.