Die VF Plus is van mening dat die LUR van gesondheid in Gauteng, Qedani Mahlangu, nie net moet bedank nie maar ook krimineel vervolg moet word. Dit volg nadat 'n hewige storm rondom die LUR se kop losgebars het weens die afsterwe van pasiënte in staatshospitale in die provinsie, die Cullinan rehabilitasie-sentrum waar pasiënte onder haglike omstandighede verkeer, die afsterwe van 36 psigiatriese pasiënte wat verskuif is weens nie-betaling van 'n kontrak wat die departement met privaat instellings gehad het asook die wanbestuur van klinieke regoor die provinsie.
"Die LUR se speeltyd is nou verby en sy moet nou begin besef dat kriminele klagtes haar nou in die gesig staar. Die VF Plus dring daarop aan dat die premier van Gauteng, mnr. David Makhura, die LUR dadelik van haar amp moet onthef maar dat sy ook vervolg moet word. Die premier sal die regte ding doen deur haar krimineel te laat vervolg.”
Van Staden sê sy kantoor is besig om al die verklarings en klagtes asook mediaberigte in verband met die sterftes te ondersoek en die party sal binnekort verdere stappe teen die betrokke LUR aankondig.
Tel: 084 0154 722
PvanStaden@gpl.gov.za/Philip@vf.co.za
(011) 498 5477 / (012) 772 4410