Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Loongeskil ontwrig dienslewering in Naboomspruit

Die staking van munisipale werkers van die Modimolle-Mookgophong-plaaslike munisipaliteit veroorsaak groot ontwrigtings in dienslewering in Naboomspruit (Mookgophong).

Die staking is die gevolg van ʼn loongeskil wat terugdateer na die samesmelting van die Modimolle- en Mookgophong-plaaslike munisipaliteite in 2016.

Die stakende werknemers van die voormalige Mookgophong-munisipaliteit eis dat die salarisongelykhede tussen hulle en die munisipale werkers van Modimolle opgelos word voordat hul terugkeer na hul pligte.

Volgens die VF Plus is hierdie ʼn voorbeeld van die ANC se wanadministrasie en het gewaarsku dat hierdie staking tot nadeel van Naboomspruit se inwoners is.

Die munisipaliteit is onder bykomende druk omdat daar tans geen begroting toegeken is vir die salarisaanpassings wat stakende werkers eis nie.

Daar hang ook ʼn wolk van onsekerheid oor die aanstelling van ʼn waarnemende munisipale bestuurder in die plek van die munisipale bestuurder, mnr. Ben Thobela, wat geskors is hangende ʼn ondersoek na ʼn lening wat hy namens die munisipaliteit aangegaan het.

Limpopo se LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Basikopo Makamu, het geweier om Patrick Shika se aanstelling as waarnemende munisipale bestuurder goed te keur synde hy nie aan die wetlike vereistes vir die posisie voldoen nie.

Dit beteken dat die munisipaliteit nie binne die wetlike vereistes funksioneer nie en dat enige besluite wat die raad neem negatiewe gevolge kan inhou in die komende ouditverslag van die ouditeur-generaal (OG).

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.