Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emfuleni-burgemeester se vreugde oor ooreenkoms met Rand Water gaan kortstondig wees

Die VF Plus neem kennis van die burgemeester van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging), Sipho Radebe, se “vreugde” oor die oplossing van die dooiepunt tussen die munisipaliteit en Rand Water rakende waterskuld.

Daarvolgens het Emfuleni R660 miljoen aan Rand Water betaal om sodoende dié waterverskaffer se beslaglegging op die munisipaliteit se lopende rekening op te hef.

Wat die burgemeester egter nalaat om te openbaar, is dat die R660 miljoen uit die munisipaliteit se toelae vir munisipale infrastruktuur, waterdienste-infrastruktuur en billike aandeel kom.

Die toelae moet onder meer aangewend word om agterstande in basiese infrastruktuur in behoeftige gemeenskappe uit te wis en om gratis basiese dienste aan behoeftiges te verskaf.

Met die dat Emfuleni fondse uit hierdie toelae aangewend het om Rand Water mee te paai, sal die munisipaliteit op ander maniere fondse moet genereer om sy verpligtinge teenoor behoeftiges na te kom.

Inwoners moet reeds hul water- en kragrekeninge direk aan Rand Water en Eskom vereffen wat beteken dat die munisipaliteit slegs ʼn inkomste ontvang vir vullisverwydering en erfbelasting.

Emfuleni is bankrot, skuld miljarde en kan nie sy krediteure betaal nie. Hierdie ooreenkoms gaan geen verskil maak aan sy finansiële probleme nie – dit is bloot ʼn kortstondige blaaskans tot die volgende beslaglegging op sy lopende bankrekening.

Die ooreenkoms is bloot politieke teater in aanloop tot volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing.

Die enigste hoop vir Emfuleni is om van die ANC ontslae te raak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.