fbpx
Vryheidsfront Plus

Limpopo: VF Plus verwelkom voormalige DA-LP as lid

Die VF Plus verwelkom mnr. David Matsepe, voormalige DA-LP en -raadslid wat onlangs by die party aangesluit het.

Mnr. Matsepe se indrukwekkende agtergrond met betrekking tot plaaslike regering en sy kennis van interregeringstrukture is ʼn aanwins vir die VF Plus wat sterk groei toon in Limpopo.

Matsepe was vanaf 2000 vir 13 jaar ʼn raadslid in die Elias Motswaledi-plaaslike munisipaliteit (Groblersdal, Roossenekal) en het gedien in die raadskomitees vir openbare rekeninge en gemeenskapsdienste.

Hy het ook as raadslid gedien in die Sekhukhune-distriksmunisipaliteit.

Ná die 2014-verkiesing is hy verkies as DA-parlementslid en was lid van die parlement se portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta).

Die VF Plus sien uit na Matsepe se insette en bydraes om die party se steun verder uit te brei.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.