fbpx
Vryheidsfront Plus

Man sterf ná geen sorg by Fraserburg-gemeenskapgesondheidsentrum

Die afwesigheid van mediese personeel by die Fraserburgse gemeenskapgesondheidsentrum het Dinsdagaand ‘n tragiese nadraai gehad toe ‘n persoon oorlede is.

ʼn Boer in die distrik het die VF Plus gekontak nadat hy geen mediese hulp vir een van sy werkers, mnr. Elvis van Jaarsveld, by dié sentrum kon kry nie. Slegs veiligheidspersoneel was by die sentrum aanwesig.

Die VF Plus het tevergeefs probeer om hulp te kry, met geen reaksie van enige noodnommer nie. Die naaste hospitaal is in Calvinia, bykans 200km per teerpad vanaf Fraserburg.

Die krisis by die gesondheidsentrum is die gevolg van swak bestuursbesluite oor ‘n lang tydperk.

Die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement betaal ook sedert 2013 nie meer die huur van die gebou waarin die sentrum gehuisves word nie. Talle aanmanings en prokureursbriewe is geïgnoreer.

Die departement het boonop versuim om ʼn dokter, wat Fraserburg se staatspasiënte vanuit ʼn buurdorp besoek het, se kontrak te hernu. Volgens die departement regverdig Fraserburg se bevolkingsgetalle nie die uitgawe nie.

Die uiteinde van die saak is dat Van Jaarsveld gedurende die nag oorlede is, sonder dat hy die nodige behandeling ontvang het. Dit is nadat hy dorp toe gery het, in die hoop dat daar hulp sal wees as hy fisies opdaag, al beantwoord niemand hulle oproepe nie.

Ironies genoeg het dit gebeur enkele ure voordat president Cyril Ramaphosa die Nasionale Gesondheidsversekeringwetsontwerp (NGV) onderteken het.

Die enigste manier om die verval van openbare gesondheidsorg om te keer en die NGV te keer voordat die diens verder verswak, is om op 29 Mei van die ANC ontslae te raak.

Saam kan ons herstel en bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.