Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emfuleni skors amptenare oor beweerde ongerymdhede

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) moes dringend sy debietorder-gerief stop weens ongerymdhede en ‘n moontlik georganiseerde bedrogspul.

Die munisipaliteit het intussen drie amptenare geskors wat na bewering hierby betrokke is. Die moontlikheid word nie uitgesluit dat meer amptenare betrokke mag wees nie.

Die ongerymdhede is ontbloot toe personeel opgemerk het dat debietorders wat in die munisipaliteit se bankrekening inbetaal word, se bedrae aansienlik minder is as die werklike uitstaande bedrag.

Die VF Plus het tydens ʼn finansiële komiteevergadering daarop aangedring dat die saak deeglik ondersoek word en amptenare verantwoordelik gehou word vir hul optrede.

Die party het ook daarop aangedring dat indien ʼn interne ondersoek die amptenare skuldig bevind, hulle ook strafregtelik aangekla moet word.

Emfuleni is reeds in ʼn finansiële gemors en kan nie sy maandelikse skuld aan grootmaatdiensverskaffers betaal nie.

Daar kan nie bekostig word dat die munisipaliteit intern ook benadeel word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.