Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC stoomroller Bela deur die parlement – volgende fase begin nou

Nadat die D-weergawe van die gewysigde Bela-wetsontwerp oor onderwys wat Dinsdag deur die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) goedgekeur is, het die portefeuljekomitee vir basiese onderwys dit gister oorweeg. Die Nasionale Vergadering (NV) het dit vanoggend goedgekeur.

Dit beëindig die parlementêre fase van die stryd teen hierdie wetsontwerp op die nippertjie voordat die parlement vir die verkiesing verdaag. ‘n Regstryd is nou al raad.

Alhoewel hierdie wetsontwerp in die openbare deelnameproses oorweldigend verwerp is, het die ANC besluit om daarmee deur te druk.

Die VF Plus het tydens die debat na artikel 235 verwys, wat taal- en kultuurgemeenskappe se reg tot selfbeskikking bevestig. Dit sluit skole in.

Indien die president hierdie wet teken, sal dit ‘n onmiddellike regstryd ontketen. Die gebrekkige manier waarop openbare deelname in ag geneem is, asook aspekte van die wet self, sal waarskynlik in die Grondwethof draai.

Indien die regering wel die wet begin toepas, kan ‘n uittog uit openbare skole verwag word. Dit sal net nóg ‘n teken van staatsverval word.

Onafhanklike skole en tuisskole kan as gevolg daarvan vinnig groei, namate ouers die VF Plus se raad volg en vryheid kies.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.