Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Life Esidimeni: Jongste regseis teen die regering in Gauteng wys geen lewens maak saak vir ANC

Die VF Plus beskou die jongste regsaksie van families van Life Esidimeni-pasiënte, wat nog nie al hul vergoeding ontvang het soos voorgeskryf deur die Moseneke-arbitrasie-ondersoek nie, as bewys dat geen lewe vir die ANC saak maak nie.

Die VF Plus vind dit skokkend, maar is nie verbaas dat die ANC-regering nog steeds nie die verpligte vergoeding afgehandel het nie terwyl korrupsie onverstoord onder die vaandel van Covid-19 voortgaan.

Die VF Plus sal die Gautengse premier, David Makhura, aangaande die gebrek aan vergoedingsbetaling konfronteer en optrede eis.

Regter Dikgang Moseneke het tydens sy arbitrasie-ondersoek bevind dat die ANC-regering verantwoordelik is vir die sterfte van 144 psigiatriese pasiënte onder hul toesig en dat vergoeding van R1,2 miljoen aan elk van die families betaal moes word. Talle het nog geen betaling ontvang nie of is net gedeeltelik vergoed.

Ingevolge die arbitrasiebevel moes die bedrag reeds op 19 Junie 2018 betaal gewees het.

Die ANC skep deurgaans deur hul rassewette en -beleid die persepsie dat swart lewens meer saak maak as ander, maar in werklikheid maak geen lewe van enige kleur vir hulle saak nie. Die enigste kleur wat tel is die kleur van geld en daarom moet die ANC tydens die volgende verkiesing met minagting as regering verwyder word.

Navrae: 082 391 3117

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.