fbpx
Vryheidsfront Plus

Tshwane-administrateurs buite orde met lening van R1,5 miljard van Ontwikkelingsbank

Die VF Plus het sy misnoë uitgespreek met die beplande lening van R1,5 miljard van die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika aan die Tshwane se metroraad.

Die administrateurs van die Tshwane-metroraad wat deur die ANC-beheerde Gauteng-provinsie aangestel is, is weereens besig om buite hul mandaat te beweeg en kan potensieel groot skade aanrig.

Die administrateurs het die publiek die geleentheid gebied om kommentaar oor die beplande lening te lewer. Dit is kommerwekkend dat, alhoewel die publiek tot 21 Augustus vanjaar gegun is om kommentaar te lewer, die Ontwikkelingsbank reeds die aansoek goedgekeur het. Dit is dus duidelik dat die administrateurs nie in die publiek se mening belang stel nie en reeds 'n besluit geneem het. Dié optrede is buite orde en roekeloos.

Artikel 139(c) van die Grondwet het dit ten doel om deur 'n administrateur op die korttermyn stabiliteit na ‘n raad te bring, maar nie om die raad se rol oor te neem nie. Die Grondwet maak nie voorsiening vir administrateurs om groot kapitale lenings aan te gaan nie. Slegs ‘n munisipale raad kan ‘n lening van so ‘n omvang goedkeur.

Die aangaan van die skuld sal moet oorstaan totdat 'n demokraties-verkose munisipale raad aangestel is, of totdat die appèlhof-uitspraak oor die wettigheid van die administrasiebevel beslis het dat die ingryping onwettig was en die koalisieregering herstel is.

Navrae: 072 815 4053

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.