fbpx
Vryheidsfront Plus

Letaba-hospitaal: Tekort aan belangrike mediese toerusting laat pasiënt twee maande wag op operasie

’n Pasiënt by die Letaba-hospitaal wag al twee maande om ’n operasie te ondergaan omdat die hospitaal in die Tzaneen-plaaslike munisipaliteit se C-arm X-straalmasjien buite werking is.

Die VF Plus het gister ’n beroep gedoen op Limpopo se LUR vir gesondheid, dr. Phophi Ramathuba, om toe te sien dat ʼn C-arm X-straalmasjien dringend aangekoop word vir operasies.

ʼn C-Arm is ‘n mobiele beeldeenheid wat hoofsaaklik gebruik word vir fluoroskopiese beelding tydens ingewikkelde chirurgiese en ortopediese prosedures, pynbestuur (narkose) en noodprosedures.

‘n Tekort aan noodsaaklike mediese toerusting is ‘n lewensgevaarlike situasie vir pasiënte wat die mediese stelsel vertrou om behoorlike diagnose en mediese behandeling te verskaf.

Die VF Plus sal hierdie saak opvolg en op provinsiale vlak druk toepas waar hy op die gesondheidskomitee dien.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.