Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Lesufi erken swak skole veroorsaak toestroming na skole wat beter onderwys bied

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het tydens die wetgewersdebat oor die onderwysbegroting aangedui dat daar genoeg skole in die provinsie is, maar dat swakker skole leegloop omdat ouers hulle kinders na beter skole neem waar die onderrig-gehalte goed is.

Die VF Plus vind die uitlating as misleidend aangesien heelwat studies aantoon dat daar te min skole in Gauteng bestaan. Selfs die wetgewer se onderwyskomitee het in sy verslag beaam dat die beplande infrastruktuur-projekte nie vorder nie en die komiteevoorsitter het ‘n besonderse pleidooi in dié verband tydens die debat gemaak.

Lesufi het eenvoudig nie daaraan gehoor gegee nie, maar het egter glad nie verduidelik waarom hy nie werk maak daarvan om die swakker skole te bemagtig nie. Daarom is sy erkenning eintlik ‘n aanklag teen homself en die departement. Dit is eintlik Lesufi se skuld dat swart kinders ver vervoer moet word om ‘n kwaliteit-skool by te woon.

Eie aan Lesufi se obsessie met rassisme het hy die VF Plus se geldige posisie oor ‘n gebrek aan skole-infrastruktuur gekoppel aan Afrikaanse skole se onwilligheid om swart leerlinge in te neem, wat van alle waarheid ontbloot is.

Daar bestaan nie openbare skole wat leerlinge op grond van ras uitsluit nie en daarom verwar Lesufi soos altyd ras met Afrikaans. Lesufi weier eenvoudig om te aanvaar dat die Afrikaanse gemeenskap in die breë bestaan uit swart, bruin en wit persone en om Afrikaanse skole te beskerm nie ‘n sweem van rassisme bevat nie.

Verder het Lesufi in sy rede weer gal gebraak en geïmpliseer dat alle witmense rassiste is na aanleiding van die Black Lives Matter-beweging en die gebeure daar rondom. Dit verklaar weereens sy bevooroordeelde optrede teen die Afrikaanse gemeenskap.

Die VF Plus verwerp hierdie ongegronde aantygings van Lesufi met minagting en waarsku hom om sy eie vooroordele in toom te hou wanneer dit kom by die pligte van sy amp.

Die VF Plus sal geen viktimisering van die Afrikaanse gemeenskap duld nie.

 

Navrae: 082 391 3117

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.