Die Oos-Kaapse onderwysdepartement het Donderdag 18 Junie 2020, sy plan van aksie voorgelê om te voldoen aan die veiligheidsregulasies om die verspreiding van Covid-19 te bekamp. Dit is tans ontoereikend.
Die plan sluit onder meer in dat onderwysers op ‘n rotasiestelsel klasse aanbied aan verskillende leerlinge op verskillende tye om die probleem met oorvol klaskamers te oorkom en om die sosiale afstand te handhaaf om die verspreiding van Covid-19 te verhinder.
Sedert die heropening van skole vir graad 7 en 12 leerlinge, moes 15 skole reeds weer gesluit word weens die virus.
Die VF Plus het tydens ‘n virtuele vergadering met die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, daarop gewys dat die departement nog nie gereed is vir onderrig nie en dat die probleme dringend reggestel moet word.
Die VF Plus besef dat leerling so gou as moontlik moet terugkeer skool toe en dat die infasering van die ander grade vinniger moet geskied. Dit mag egter nie gebeur alvorens alle veiligheidsmaatreëls in plek is om die veiligheid van leerlinge en personeel te verseker nie.
Navrae: 082 822 3414