Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus boikot spesiale raadsvergadering oor swak beplanning en vermorsing van fondse

Die VF Plus-koukus het besluit om uit protes teen redes soos geldvermorsing, nie hierdie week se spesiale raadsvergaderings van die Tshwane-metro by te woon nie.

Die besluit spruit ook uit die speaker, Mncedi Ndzwanana, se gebrekkige beplanning wat dit vir raadslede onmoontlik maak om hul verpligtinge na te kom.

Die vergaderings is belê vir Woensdag, 30 September én Donderdag, 1 Oktober. Dit is onaanvaarbaar, veral met net meer as ’n maand oor voor die plaaslike regeringsverkiesing.

Tweedens is een van die kernpunte op die agenda die voorgestelde salarisverhogings vir senior amptenare. Die VF Plus is daarvan oortuig dat die metro eenvoudig nie hierdie verhogings kan bekostig nie. Deur die vergadering te boikot, poog die party om te verhinder dat ’n kworum bereik word en dat die verhogings deurgedruk word.

Reeds verlede week het die VF Plus ’n soortgelyke stap geneem toe ’n spesiale vergadering belê is om ’n nuwe hoofsweep aan te stel – ’n besluit wat onnodige uitgawes sou meebring.

Die afwesigheid van die VF Plus het daartoe gelei dat geen kworum gevorm kon word nie en die vermorsing van belastinggeld suksesvol gestuit is.

Die VF Plus bly ernstig bekommerd oor die metro se finansiële toestand en sal aanhou toesien dat belastingbetalers se geld slegs aangewend word waar dit werklik nodig is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.